Om ‘n kind met integriteit te kweek, en groot te maak, is uiters uitdagend in vandag se tyd!
Die Voortrekkers is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur vrywilligers bedryf word, wat hulle toespits daarop om die jeug toe te rus vir die lewe.
Deur die samevoeging van ‘n verskeidenheid van talente van onderskeie offisiere, heemraadslede en ouers, word daar verseker dat die beste ondervinding aangebied word vir die kinders.
Kinders bly kinders en die Voortrekkers verseker dat die volgende belewenisse top prioriteit is!
AVONTUUR: Nagmarse, Lanternbekruip, Kleilat gooi, Visvang, Waatlemoenfeeste en nog baie meer!
NATUUR: Staptogte in die natuur, langs die see. Kennis opdoen van plante en diere!
ONAFHANLIKHEID: Kampe! Pret op kampe, terwyl ‘n spesialiteit aangeleer word.
Die Voortrekkers bied meer as 200 spesialisasies aan. Hierdie spesialisasies sluit onder andere in:
-
Fietsry
-
Paraatheid
-
Noodhulp
-
Ruimtewaarneming
-
Sterrekunde
-
Varswaterhengel
-
Roeikuns
-
Plaaslewe
-
Beeldende Kunste
-
Spoorsny
-
Staptogte
-
Medemens
-
Erfgrond
Dis HEERLIK om ‘n Voortrekker te wees! Kom vind uit HOE lekker!
Wie Is Die Voortrekkers?
Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.
Wat Doen Ons?
Die Voortrekkers is ʼn plek waar jeuglede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ʼn kampvuur kuier?