Welkom by Impala Voortrekkers

‘n Moderne en dinamiese organisasie wat spesialiseer in die ontwikkeling van jong Afrikaanse leiers

Impala Voortrekker Kommando Opening

Kom geniet saam met ons die Impala Voortrekker Kommando opening op 30 Januarie 2024. 

Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap

Ontdek deur Kultuur, Avontuur, Natuur

Uitstappies, Kampe, Staptoere, Vlotvaarte, Nagmarse – Die lys hou aan!

Word deel van n' span

Dit maak nie saak wat jou talente is nie – Daar is altyd plek vir jou by die Voortrekkers.

Word deel van die Voortrekker ervaring!

Om ‘n kind met integriteit te kweek, en groot te maak, is uiters uitdagend in vandag se tyd!

Die Voortrekkers is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur vrywilligers bedryf word, wat hulle toespits daarop om die jeug toe te rus vir die lewe. Deur die samevoeging van ‘n verskeidenheid van talente van onderskeie offisiere, heemraadslede en ouers, word daar verseker dat die beste ondervinding aangebied word vir die kinders. Kinders bly kinders en die Voortrekkers verseker dat die volgende belewenisse top prioriteit is!

Die Voortrekkers bied meer as 200 spesialisasies aan!

Avontuur

  • Nagmarse
  • Lanternbekruip
  • Kleilat Gooi
  • Visvang
  • Waatlemoenfeeste
  • Fietsry

Natuur

  • Staptogte
  • Pret by die see
  • Plante en diere kennis
  • Ruimtewaarneming
  • Sterrekunde

Onafhankilkhied

  • Kampe
  • Spesialitiete
  • Noodhulp
  • Plaaslewe
  • Spoorsny

Wie is ons?

Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Wat Doen Ons?

Die Voortrekkers is ʼn plek waar jeuglede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ʼn kampvuur kuier?

Hoekom Voortrekkers?

Die storie van Die Voortrekkers is een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories wat vir langer as nege dekades geskryf word. Dit is ʼn storie van historiese feeste hou, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ʼn storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe. Dit is ʼn storie van liefde vir ons taal, kultuur, ons kinders, maar bo alles, vir die Here.

90 Jaar Jonk

Meer as 200 Spesialiasies

Meer as 12 000 Lede Landswyd

Gebiedskamp Inligting

Druk die knoppie hieronder om die dokument af te laai

Die Vorielewe

Die Voortrekkers is ‘n kaltuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe Burgers en konskwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Kontak Ons

7 + 13 =